Demografiese skuiwe maak ‘n impak op gemeentes

Written by Frederick on . Posted in Transformasie

Oorgeneem uit Danie se Blog Reisgeselskap

Hoe gemaak as ‘n gemeente baie klein word, met geen tradisionele voedingsbronne meer nie?

Dink aan die klein Lutherse gemeentes in die Grensgebied (in die omgewing van Oos-Londen, Oos-Kaap). Hulle is die geestelike nasate van Duitsers wat 150 jaar gelede hier gevestig is en groot invloed op die streek se ekonomie uitgeoefen het.  Vandag kom daar nie meer Duitsers na hierdie omgewing nie.  Die meeste van hierdie gemeentes besef dat hulle werk het om te doen rondom hul identiteitsverstaan en samestelling.

Dink aan talle NG Gemeentes in sentrale stadsgebiede waar lidmate weggetrek het na die voorstede toe.  Daar is geen sprake dat tradisionele NG lidmate (Afrikaanssprekend, blank, middelklas) weer na hierdie omgewings sal skuif nie.   Sommige van hierdie gemeentes neem merkwaardige inisiatiewe, ander begin noustrop trek en oorweeg om hul deure te sluit.  Talle het dit reeds gedoen.

In die SA demografiese konteks woon daar vandag – ironies genoeg – waarskynlik méér mense in die omgewing van hierdie klein gemeentes as ooit vantevore in hul geskiedenis.  Meer mense, maar minder tradisionele lidmate.

Wat is die moontlikheid dat krimpende gemeentes die groter demografiese prentjie sal raaksien?  Baie ignoreer dit, en het oënskynlik nie die vermoë om ‘n verband te lê tussen al die mense van die omgewing en die bediening van die kerk nie.

Gemeentes het almal ‘n prentjie van wat hulle identiteit, roeping en samestelling is.  Hierdie prentjie sluit gewoonlik die omgewing uit.  Daar is weinig plek – konseptueel – vir ‘n visie dat die gemeente die omgewing kan dien en verteenwoordigend kan raak van die demografiese samestelling van die omgewing.

Volgens dr Ryk van Velden, van die Toerustingsburo vir Interkulturele Werkers, is dit veral Protestantse gemeentes wat hiermee sukkel. Katolieke gemeentes aanvaar dit dikwels weer as vanselfsprekend dat hulle gemeenskapskerke is.  Hy vertel van ‘n Johannesburgse woonbuurt waar die demografie sterk geskuif het. Tradisionele wit inwoners is vervang met bruin en veral swart gemeenskappe.  Die NG Kerk (sterwend) staan reg oorkant die Katolieke kerkgebou (lewend, groeiend)  Die een het vanselfsprekend tred gehou met die demografie, die ander een kon nie.

Wat maak dit vir gemeentes moontlik om by die gemeenskap betrokke te raak?  Hoe skuif die prentjie in lidmate se koppe oor wie hulle kerk is en wie kwalifiseer vir lidmaatskap?  Wat kan mens leer by gemeentes wat wel aanpassings maak?

Uit my waarnemings en gesprekke speel die volgende aspekte ‘n rol:

Lees gerus hier verder

Trackback from your site.

Leave a comment