{ARGIEF}

Ek sit en gesels met ‘n student wat duidelik geroep is vir die bediening- hy is uitstekend gekwalifiseer in tranformasietegnieke en is tans ‘n konslutant vir ‘n bekende konsultasiegroep wat met ‘n narratiewe benadering werk. Op ‘n stadium in die gesprek se hy terloops asof dit vanselfsprekende kennis is: Die NG Kerk wat ek ken is baie goed met Transformasie

 

Ek moes vir ‘n oomblik dink oor hoe anders dit is as my ervaring van die kerk toe ek ‘n kind en tiener was. Ek onthou steeds baie gevoelens van magteloosheid oor die kerk se onvermoe om te verander.

Maar is my jong vriend reg?

Baie van julle sal se die teendeel is waar, ons verander-te-min-te-stadig, is meestal ons gevoel oor die kerk en gemeentes.

Ek moet se hy het my weer laat dink, ek het probeer om vanuit sy ervaring oor die kerk te dink en kan nie anders om weer te dink nie. Dalk help hy my om met meer waarderende oe na die kerk te kyk.Skielik kom ‘n klomp ervarings na vore van verval buitestanders wat dieselfde waarneming maak: Peter Berger, Nancy Ammermann, ons Nederlandse kollegas in die uitruile met Stigting Zebra, se eintlik almal vir ons dieselfde storie: Julle slaag beter daarin om te transformeer as wat julle julleself wil toegee. Julle kon julle fout met Apartheid raaksien, jammer se en julle probeer om die verskeuring op te hef.
Julle is sensitief vir die veranderinge in julle samelewing en julle het baie van die formalismes afgegooi. Julle skep in baie gemeentes ruimtes vir jong mense, julle probeer selfs nuwe gemeentes stig. Toringkerk in Bleomfontein is nou Towers of Hope, in Groote Kerk se kerksaal is ‘n deli en ‘n pooltafel waar die mense van die stad kan eet en die kinders kan speel. In baie gemeentes is daar dromme, voorsangers en Vlam stuur elke week vir ons nuwe liedere. Julle is beig om ‘n luisterkultuur te vestig en die eerste oplaag van ‘n program wat mense help om saam met Jesus oor grense te loop is sommer-so uitverkoop. Julle kategeseboeke help kinders om ‘n Facebook profiel te skep.

Vir elkeen van die voorbeelde hierbo kom daar ‘n teenargument op-ons sukkel met eenheid, het ons regtig uit ons harte jammer gese vir apartheid, ons verloor jongmense in stringe, ons maak gemeentes oop maar ons maak ook gemeentes  toe, ons sukkel in die middestad, te min te laat…Ja dit is alles waar, maar dit neem nie weg dat daar duisende gemeenteleiers in ons kerk is met die vraag oor transformasie op hulle lippe en wat met die beste van hulle vermoe besig is om te reageer op ons immerveranderende konteks nie.

Vamiddag gaan laai ek my graad 11 dogter by die tienerkerk se kamp op- hulle is ‘n vrolike 60plus stuks wat die naweek gekamp het. Dit was fantasies se hulle, terwyl hulle mekaar met drukkies groet- waaroor het die kamp gegaan vra ons by die huis?  Avatar vertel sy met verwondering, oor hoe ‘n mens in die fliek baie van ons geloof kan raaksien. Praat van innovering. Ek merk kinders op van byna al die verskillende denominasies van ons dorp- dit was great ,se hulle almal- ek merk ‘n paar teologiese student op wat by die kamp gehelp het- hulle ken nie die sterk magtige swaarmoedige en swaarverandernde kerk waarin ek groot geword het nie- hulle ervaring is gestempel deur gemeentes wat tieners vrymoedig bedien- dalk moet ek my beelde oor my kerk verander, dalk moet ek ophou om my gevegte van die verlede te bly veg. My beelde en my seerplekke van telleurstellings staan dalk meer in die plek van die verandering wat aan die gebeur is as wat ek besef.

Ek onthou wat Nancy Ammermann ‘n paar jaar teurg by ‘n oggend gesprek by Communitas gese het toe ons haar gebombardeer het met vrae oor ons onvermoe om te verander: You are way to hard on yourself, was haar instinktiewe antwoord. Wat ander kerke en gemeenskappe oor decades en selfs eeue reggekry het wil julle indruk in ‘n jaar of twee.

Jaco ek het in daardie een sinnetjie baie by jou geleer- meestal oor myself- dankie die gesprek was ‘n geskenk van nuwe perspektief.