Not on my Watch. Nagedink oor hoe ons tyd verstaan?

Written by Frederick on . Posted in Artikels

Not on my watch


Nagedink oor hoe ons tyd verstaan as gemeenteleiers



Die Amerikaners het die uitdrukking: Not on my watch, om hulle sterk afkeur aan ‘n situasie  uit te druk. Ek wil die uitdrukking so ‘n bietjie in ‘n ander konteks gebruik.
Dink net vir ‘n oomblik watter verskil dit maak aan die gesindheid van leiers as hulle in die rus van die Sabbats-tyd kan inbeweeg. Nog voordat ons die agenda oop gemaak het, bepaal die tydsone waarin ons is byna vooraf watter besluite geneem gaan word.


Dit gaan hier oor tyd, een van die misteries van ons lewe. Augustinus laat hom soos volg uit oor tyd:  What, then, is time? I know well enough what it is, provided that nobody asks me; but if I am asked what it is and try to explain, I am baffled.” [Saint Agustine, AD 354-430, Confessions 11.14]  In die Nuwe Testament is daar twee griekse begrippe vir tyd, “cronos” en “kairos”. Kronos was die gemene, wrede god wat alles sou doen om in beheer te bly. Daarom het hy al sy en Rea se kinders opgeëet! Chronos-tyd is kronologiese tyd, tyd wat sy kinders op-eet. Die tydsbegrip wat die toekoms beprek omdat dit bang is om nie meer in beheer te wees nie.Ons hele westerse filisofie van tyd en waardesvolheid word gebou op hierdie persepsie van tyd en ons laat uitkom by die konklusie: Tyd is geld.


Kairos aan die ander kant  was die god van geleentheid. Phaedrus beskryf hom as “the brief moment in which things are possible.” In die Nuwe testament beteken kairos die aanbreek van ‘n spesifieke tyd waarin God aksie gaan neem (Mark 1.15) In die Oosters Ortodokse Kerk roep die diaken eers “Kairos tou poiesai to Kyrio” (“It is time [kairos] for the Lord to act”), om aan te dui dat die Liturgie ‘n verbinding is met die ewigheid. In die geskiedenis is krisistye dikwels deur christene gesien as tye van geleentheid, soos bv in die 80erjare tot die bekende Kairos dokument gepubliseer is in Suid Afrika of die Kairos Prison Ministry wat gevangenis bedien met die boodskap van die nuwe geleenthede wat daar vir hulle in die tronke gebore kan word. Die tyd toe Jesus gekom het, was Kairos tyd, want die afwagting vir die tyd van die Messias het in vervulling gegaan. Kairos tye is daardie tye wanneer die tyd gaan stilstaan, tye van oorvloed en vervulling.


Vergaderings wat in chronos tyd bly, neem besluite met die ingesteldheid van die markplein, die oortuiging van die skaarsheid van bronne, in wese met die oortuiging van die godloosheid van ons wêreld, verwagtingloos en bang. Ek dink dit moes die rede gewees het waarom die eerste gemeente so dikwels, klink my sommer daagliks, bymekaar gekom het.  Hulle moes mekaar herinner dat die vervolging wat hulle ervaar nie die eintlike kragte is wat hulle in ag moet neem toe hulle moes besluit of hulle sal voortgaan om te preek of nie. Nadat hulle die Ps 2:1-2 gelees het, kom hulle tot die oortuiging dat die eintlike mag in die hande van God is en nie in die hande van die Joodse raad nie. Teen alle vorme van verstandigheid in, besluit hulle om met nog groter vrymoedigheid aan te hou om te preek (Hand 4:31). Stasie 2 is soos daardie diaken in die Grieks Ortodokse kerk wat sê: Voor julle eers begin, onthou Kairos tou poiesai to Kyrio- dit is nou die tyd vir die Here om tot aksie oor te gaan!

Trackback from your site.

Leave a comment