Op Maandag 11 Julie toe die meeste van Communitas se personeel weer terug op kantoor was na ‘n lekker winterbreek, het die dames besluit om pannekoek te bak in die boonste kombuis en almal in die gebou te nooi om te kom saamkuier met lekker koffie en pannekoek. (Eintlik het Adrienne en Mathilda al die werk gedoen!) Amanda was so gaaf om ‘n yslike kaaskoek te organiseer, en skielik was daar ‘n fees waar twee nuwelinge verwelkom is (Pieter van der Walt wat op 1 Augustus as PSD:Navorsing aansluit en Isabelle Murray wat op 1 Junie begin het as Argiefbeampte); twee verjaarsdae gevier is (Amanda van Niekerk, 26 Junie en Peter Adams, 30 Junie) en die personeel van Communitas se verskillende afdelings saam met dié van Ekklesia, die Seminarium en die Argief kon kuier en mekaar beter leer ken, en sommer net die nuwe kwartaal en die lewe vier!
Hier onder is ‘n paar foto’s om dit uit te beeld: (kliek op Continue Reading) – elke foto se byskrif verskyn bokant die foto.