{ARGIEF}

 

Splinternuwe kursusse in bedieningsvaardigehede vir predikante

Die volgende nuwe predikantekursusse is gemik op die verbetering van bedieningsvaardighede van predikante. In elkeen van die kursusse word ‘n teoretiese raamwerk ontwikkel, bedieningsvaardighede ingeoefen en bedieningsgewoontes vasgelê, ten einde die aangeleerde vaardigheid in ‘n voortdurend veranderende gemeentelike konteks te implementeer. Die kursusse vind oor drie dae plaas vir ‘n maksimum van 15 persone per kursus, sodat elke kursusganger se individuele vaardigheidsvlakke ontwikkel kan word. Buvton bied gedurende 2006 die volgende kursusse in hierdie reeks aan:

1. Koinonia
In hierdie kursus word die persoonlike vaardighede van gemeente predikante tov koinonia-verhoudings ontwikkel wat toegepas kan word in die totale bediening van die gemeente. Om dit te bereik word die kursusganger blootgestel aan ‘n toepaslike teoretiese raamwerk, vaardighede ingeoefen en houdings en oortuigings aangeleer. Spesiale aandag word gegee aan die vestiging van ‘n kleingroep bediening. Kursusgangers word blootgestel aan nuwe programme wat koinonia in die gemeente kan bevorder.
Aanbieders: Frederick Marais; Nico Simpson; René August
Datum: Sien kalender

2. Eksegese van die konteks
In hierdie kursus word gemeente predikante se vermoë om die konteks geloofsonderskeidend te lees en te interpreteer, ontwikkel. Vaardighede word aangeleer om bronne te benut en te skep wat jou in staat stel om in ‘n post-Christendom wêreld waar die ‘sendingveld’ op ons voorstoep is, te ontleed
en geloofsonderskeidend na te dink oor wat God besig is om te doen in die konteks. Kursusgangers sal onder andere blootgestel word aan ’n web-gebaseerde proses wat hulle help om inligting te verwerk.
Aanbieders: Pat Taylor Ellison, EGON en SAVGG
Datum: 30 Januarie – 02 Februarie 2006

3. Prediking
In hierdie kursus word gemeente predikante se vermoë om teoreties en prakties met die prediking om te gaan, ontwikkel. Vaardighede word aangeleer om ‘n teologiese teorie vir die prediking in verband te bring met die nodige hermeneutiese en kommunkatiewe vaardighede wat elke prediker nodig het. Kursusgangers bring onder andere video-materiaal van ‘n eie preek saam wat met behulp van ‘n deskundige ontleed word en waarop positief en opbouende kommentaar gelewer word.
Aanbieders: Ian Nell, Johan Cilliers, Coenie Burger, Elmé Bosman
Datums: 5-7 Junie; 16-18 Oktober 2006

4. Diakonia
In hierdie kursus sal aandag gegee word aan predikante en gemeentes se diensvaardigheid, identifisering van projekte en die opleiding van helpers.
Aanbieder: Pieter Grove
Datum: 1-3 Augustus

5. Fasiliterende leierskap
In hierdie kursus word predikante se vaardigheid om leiding te gee ten opsigte van prosesse van verandering in die gemeente ontwikkel. Die kursusgangers word blootgestel aan lense wat hulle help om die dinamika in die gemeente te verstaan. Verder vind inoefening plaas in praktiese fasiliteringsvaardighede.
CFN www.cfn.org.za
Sien kalender

6. Gemeentelike leierskap
Hou ons webwerf dop vir die besonderhede van hierdie kursus en datums vir 2006.

7. Bybellees vaardighede
Hou kalender en webwerf dop vir besonderhede.

Inskrywings
Koste (per module) = pryse wissel tussen R100-00 en R300-00, etes en tee ingesluit. Deelnemers is self verantwoordelik vir hulle verblyf.

As u of u kerkraad nie die koste kan bybring nie, skakel met Pieter Grove (VGK-predikante) of Coenie Burger (NGK-predikante) by (021) 808 3624. Die sluitingsdatum van kursusse is twee weke voor die aanvang van die betrokke kursus.

Navrae: Chrisna van der Merwe 021-808 3624, (f) 021-886 5701 document.write(EPos(‘remc’,’Stuur e-pos’,”))Stuur e-pos

Armoedebestryding

Gemeentes het ‘n Godgegewe geleentheid om ‘n sleutelinstrument te wees in die bestryding van armoede. Buvton sien hierdie taak as ‘n hoë prioriteit vir die kerk en wil gemeentes in hierdie proses begelei.
Kontakpersoon: Pieter Grove 021-808 2827 ~ Faks: 021-886 5701, Sel: 083 647 8993 document.write(EPos(‘greteip’,’Stuur e-pos’,”))Stuur e-pos

1. Alle sektore van die Suid-Afrikaanse samelewing worstel tans met die uitdaging van wydverspreide armoede. Ons het egter geleer dat armoede ‘n multi-dimensionele werklikheid is sodat nog die staat, die besigheidsektor of die burgerlike gemeenskap (insluitend die kerk), dit op ‘n eenvoudige wyse kan oplos. Buvton het daarom ‘n program begin om veral in die VGK Kaapland, die armoede-uitdaging saam met gemeentes aan te spreek.

2. Beginsels
• gemeentes is ‘n ideale instrument om armoede effektief aan te spreek
• selfs die armoedigste gemeenskap het toegang tot ‘n netwerk, verhoudinge, vaardighede en hulpbronne
• die bybelse bronne en teologie om dieper insig en besondere energie vir mobilisering te bekom, is beskikbaar
• daar is geleenthede tot vennootskappe binne die NGK familie en met die owerheid en besigheidsektor wat benut moet word
• armoedebestryding vereis beginsels van volhou-baarheid en in diepte toerusting van mense en instansies

3. Die onderliggende model
Ons benadering tot armoedebestryding werk met ‘n gemeenskapsbou-model eerder as ‘n maatskaplike diensleweringsmodel. Die verskille kan as volg aangedui word volgens die Coady Instituut se benadering:

Gemeenskapsbou model Maatskaplike dienste model
Fokus op bates Fokus op behoefte
Bou op geleenthede Reageer op probleme
Beleggingsoriëntasie Hulpverleningsoriëntasie
Klem op verenigings Klem op agentskappe
Fokus op gemeenskap Fokus op individue
Doelwit is bemagtiging Doelwit is diens
Mense as burgers Mense as kliënte
Mag kan deur verhoudinge Mag kom van kwalifikasies
Mense is die oplossing Programme is die oplossing

4. Die uitkomste wat ons wil bereik
Gesien in die lig van die kompleksiteit van die armoede-vraagstuk en gedagtig aan ons vertrekpunte, strewe ons na uitkomste wat kennis, vaardighede, verhoudinge en organisasies bou:
• gemeentelede word begelei om die bates in hul gemeenskappe te identifiseer
• vaardighede om die energie, geleenthede en vissie van die gemeenskappe te ontsluit, word gefasiliteer
• die verbintenisse tussen bates en geleenthede word bymekaar gebring om netwerke en verhoudinge te versterk
• die bybelse visie van naasteliefde word geïntegreer met ons ontwikkelingsprosesse
• spesifieke projekte wat die beginsels van gemeenskapbou integreer word gefasiliteer.

5. Fasiliteringsprogram met gemeentes

• ringswerkswinkels en gemeentebesoeke
• verspreiding van kritieke inligting
• ontwikkeling van ‘n vaardigheidopleidingsmodel
• navorsing oor lewensverhale

6. Vennote
Buvton werk nou saam met Badisa, die KGA, SKG en die Vennootskap vir Gestuurde Gemeentes. Badisa is veral die vennoot wat prosesse wat alreeds geïnisieer is, verder begelei.

Teikengroep: Gemeentes en gemeenteleiers

Kursusse en Werkswinkels

Algemene kursusse (Teikengroep: Predikante, gemeenteleiers, kerkrade & lidmate)

Interaction: Wees jouself binne verhoudings en hanteer konflik opbouend
Gemeenteleiers en lidmate leer om effektief te kommunikeer en konflik te hanteer, hulself beter te leer ken, hul eie gedrag beter te verstaan en hul spanfunksionering te verbeter. Deelnemers voltooi vooraf drie psigometriese toetse, wat in die kursus bespreek en interpreteer word. Maksimum 10 persone per geleentheid.
Duur: Drie vol dae, 08:30 – 17:00
Aanbieder: Elsa Simpson (twintig jaar bedryfservaring in terapeutiese berading, groepwerk, bestuurs-konsultasie en -opleiding)
Navrae: Buvton of Elsa Simpson by (021)982 7038, 083-782 1249, esimpson@lantic.net
Datums: Ongeveer eenkeer per maand
Plek: Koorsboomsingel 29, Vredekloof, Brackenfell
Koste: R1200.00 (psigometriese toetse, kursusmateriaal, lokaal en middagetes ingesluit; verblyf uitgesluit)

Covey: “Seven habits”-kursus
“Seven habits of highly effective people” vir gemeente- en gemeenskapsleiers. Elk van dié sewe gewoontes word intensief behandel: • “Be pro-active” • “Begin with the end in mind” • “Put first things first” • “Think win-win” • “Seek first to understand and then to be understood” • “Sinergize” • “Sharpening the saw”
Navrae: BUVTON
Plek: Hofmeyrsaal, Stellenbosch Kweekskool
Koste: R1 800 (reël eie verblyf)

CFN: Fasiliteringskursus
Die VTO-forum en MTP-konsultasiegroep (“Mediation and Transformation Practice”) het saam ‘n ekumeniese fasiliteringsnetwerk, Gemeente en Gemeenskap Fasiliteringsnetwerk (GFN), gestig. Opleiding fokus op basiese kennis en vaardighede om transformasie binne die gemeente of gemeenskaps-organisasie te fasiliteer.
Navrae: 021-685 6883 of cfn@mweb.co.za
Sien ook kalender

Pastoraat as verhaalkuns
Eerste treë tot ‘n narratiewe benadering
‘n Basiese kursus vir predikante wat hulle pastorale vaardighede wil ondersoek sowel as nuwe moontlikhede om aan hulle gemeentelede hulp te verleen. Kursusgangers word aan die beginsels van narratiewe beraad bekend gestel deur na mekaar se verhale te luister. Ons gaan kyk hoe Skrifverstaan en teologiese diskoerse die pastorale hantering van lidmate beïnvloed. Die beginsels van narratiewe terapie, en hoe dit die pastorale modelle van kursusgangers mag herdefinieer, sal ondersoek word, asook die invloed en eise van ‘n postmoderne wêreldgees op die pastoraat. Die kursus gebruik vertellings, ervaringsleer en besprekings eerder as lesings om die teorieë te verduidelik en te integreer. (Tussen 8 en 20 kursusgangers per geleentheid.)
Kontakpersoon: Kontak Joanie Batt by 021-808 3382 of document.write(EPos(‘bacj’,’Stuur e-pos’,”))Stuur e-pos

 

Kursusse op aanvraag

 

Hierdie kursusse kan ook vir ringe of streke aangebied word.
Skakel Buvton vir navrae of besprekings.

Rentmeesterskap
Die BUVTON-navorsingsgroep oor rentme-esterskap het ‘n deelnemende werkswinkel ontwerp om groepe uit gemeentes (6 – 8 persone) te begelei tot die ontdekking en aanvaarding van die uitdaging van verantwoordelike rentmeesterskap op ‘n persoonlike sowel as gemeentelike vlak.
Aanbieders: Monty Sahd en Francois Cillié

Morele heroriëntering: Oor moraliteit en morele vorming in gemeentes
Met die oog op die moraliteitskrisis in ons samelewing fokus hierdie kursus op hedendaagse strominge in die Christelike etiek en die implikasies daarvan vir Suid-Afrikaners: Watter rol speel geloofsgemeenskappe in die morele herstel van ons samelewing?
Aanbieders: Nico Koopman en Chris Jones

Healing of the memory
Hierdie werksessies vir ringe of gemeentes stel predikante en lidmate bloot aan ‘n proses wat reeds baie mense se lewens ingrypend verander het. Daar word deur mense se ervarings van apartheid gewerk om die pad na versoening, genesing en ‘n nuwe, gemeenskaplike verbondenheid te betree.
Aanbieder: David Botha

Kleingroepbediening: Voorberei vir mekaar
Sonder hierdie noodsaaklike deel van die gemeente se bediening kan ons mekaar nie meer behoorlik versorg en opbou nie. Coenie Burger, Nico Simpson en Jannie Swart het ‘n kursus ontwikkel om kleingroepleiers toe te rus wat geskoei is op die benadering van die Carr-egpaar van die Candler Teologiese Skool in die VSA. Die teorie agter hul benadering en die doelwitte met kleingroepe, asook ‘n strategie vir die implementering
van so ‘n bediening, word behandel.
Aanbieder: Michiel van der Merwe Duur: Drie dae

Koeltebome van God se genade
Breda Ludik het ‘n kursus ontwikkel waarin erediensbeplanningsgroepe en gemeenteleiers gehelp word om die verskillende spiritualiteite in hul gemeentes te verstaan, en om almal uiteindelik in eredienste en by ander byeenkomste te akkommodeer.
Aanbieder: Breda Ludik


Familia: Agt familiegewoontes wat geloof laat groei
Vir families met kinders ouer as vyf; die hele gesin woon die kursus by. Dis deel van die groter inisiatief, Familia: Families wat saam groei, en help gesinne familiegewoontes vorm wat kinders en ouers help om saam te groei in hulle geloof. Agterna bied hierdie gesinne die kursus in hul eie gemeentes aan.
Aanbieders: Kontak Buvton om uit te vind wie in jou streek dit aanbied Duur: Naweek

Familia: Positiewe ouerskap (POSPAR)
Opleiding vir fasiliteerders in ‘n ouerleidingsprogram – ook deel van die Familia-inisiatief. Ons fokus doelbewus op die vestiging van ‘n deelnemende (in plaas van ‘n outokratiese of permissiewe) ouerskapstyl. Kommunikasievaardighede en dissipline word ook behandel.
Aanbieders: Kontak mev Alta Marais om uit te vind wie in jou streek dit aanbied: 021-882 9956 of 082 923 9010

Vaardige, bemagtigende leierskap in die kerk (werkswinkel)

Leierskap is ‘n onmisbare sleutel tot suksesvolle transformasie, ‘n katalisator vir groei, ‘n teenmiddel teen konflik – en ‘n gawe van God wat ontdek en ontwikkel kan word. Kom leer onder meer oor: Die verskil tussen leierskap en bestuur; die dinamika van leierskap; leierskap vandag; selfbestuur; konflikhantering; leierskap en karakter; leierskap en spanbou; die ontwikkeling van leiers; leiers deur die eeue (ons leer by ander leiers); die ontwikkeling van ‘n leierskapkultuur
Aanbieder: Braam Hanekom (021-976 1458 of 083-302 639)
Koste: R30 per persoon (kursusmateriaal ingesluit)
Datums: Beperkte moontlikhede; bespreek vroegtydig. Duur: Een dag

VIGS – Uitdagings vir gemeentelike en kerklike betrokkenheid
Vir kursusse sien die moontlikhede wat CABSA, een van Buvton se vennote bied.

Beradingsvaardighede (vir lidmate)
Lidmate leer om beraders vir ander lidmate te wees deur die heersende teorieë rondom pastoraat self te ervaar en in te oefen. Dit is ‘n belewingsgerigte kursus wat met ervaringsleer werk. Deelnemers vertel hulle eie verhale en ontdek watter rol dit in hulle berading speel. So leer hulle om na ander se verhale te luister en te ontdek hoe God saam skryf aan ons lewenstories. Vorige kursusgangers sê hulle het geleer om hulleself en ander beter te verstaan en om nuut na mense te luister.
Navrae: Buvton