{ARGIEF}

Ek het die week begin broei oor hoe om “displacement” van uit ‘n ander hoek te verstaan. Byna so uit die bloute het die tema ge-pop die week. In ‘n gesprek oor die geskiedenis van sendingwerk in Suider-Afrika, leer ek dat daar heelwat van die boerekrygers is wat teruggekom het van hulle “ballingskap” as gevangenis en begin het met sendingewerk in lande soos Noord-Rhodesie (Zambie vandag) en Nigerie. Ek meen wie sou dit kon verwag? In totaal onverwagse omstandighede van ontworteling,groei ‘n sendingebewussyn en ywer! Ek dink ek sien weer iets hiervan raak – dit lyk anders maar die dinamika is dieselfde- Ontworteling kan ‘n vrugbare plek wees vir die missionere dinamika van die Gees.

My laat dink aan H Richard Niebuhr wat na sy bekende werk The social sources of denominationalism waarin hy met ‘n sosiologiese bril die dinamika in kerke probeer “verklaar”. Hy volg die boek op met The Kingdom of God in America waar hy vertel hoe onbevredig hy gevoel het na die eerste boek omdat hy geweet het sosiale teorie kan eenvoudig nie die volle dinamika van die kerk verklaar nie.

Ek dink ons moet die ervaring van ontworteling van mense ernsitg opneem- ek hoor dikwels dat mense daarna verwys dat vir hulle voel asof die hele wereld inmekaar gestort het. Ons moet die gesprek hieroor oopmaak, ruimtes skep waar mense mag se dat hulle ontwortel voel, al klink dit nie polities korrek nie. As ons nie hieroor praat nie, gaan mense hulleself toesluit in nostalgie in heimwee van ‘n verlede toe alles oenskeinlik “in-plek” was.

Ek dink ons moet meer teologies- of as jy wil- met geloofs-verbeelding dink oor en kyk nagemeenskappe waar mense ontwortel voel. Ons normale instink is om in tye van ontwortelingte dink dit isklaar met die kerk en ons gemeentes moet toemaak. Met permissie- die geskiedenis is teen so ‘n siening, die geskiedenis van die kerk is in vele opsigte ‘n geskiedenis van mense wat deur ‘n ontworteling gegaan het en in die ontworteling ontdekwat is werklik belangrik in die leween so hulle Roeping herontdek het.

 

Toe lees ek met instelling in Danie Mouton se nuwe Blog Reisgeselskap oor hoe hy in die Oos-Kaap raaksien dat ook daar gemeentes wat ontwortel behoort te wees, eintlik in so ‘n tyd deur ‘n vernuwing en gestuurde innovasie gaan.

Ek onthou toe dat ek ‘n ruk gelede gelees het dat Brueggemann oor die ballingskap soos volg geskryf het: Exile did not lead Jews in the Old Testament to abandon faith or to settle for abdicating despair, nor to privatistic religion. On the contrary, exile evoked the most brilliant literature and the most daring theological articulation in the Old Testament.

Michael Frost het ook die tema opgetel in sy boek Exiles Living in a Post-Christian culture. (Hendrikson Pulishers 2006) Hy maak die onderskeid tussen Self-imposed exile, en om Jesus te volg in ballingskap. Die eerste het te make met die kerk wat op die rand van die samelewing -displaced- is as gevolg van ‘n eie onvermoe om gemeenskap te skep met die mense in hulle konteks. Om Jesus te volg in ballingskap is om vanwee ons roeping onsself te “displace” in gemeenskap met ander waar ons nie gesag het oor ander nie. Vir baie gemeentes is dit ‘n byna ondenkbare situasie, maar Frost is reg, dit is presies wat dit beteken om Christus te volg. Om konstant te beweeg van ‘n posisie van mag na ‘n posisie van on-mag, om te kies vir die kruis, om te kies vir ‘n plek van lyding en skande, soos wat dit gaan met mense wat ontwortel word.

Gemeentes as begewings binne die kragveld van die Gees is instaat om in tye van ontworteling te reformeer omdat hulle eintlike krag nie le in hulle verbintenis met ‘n bepaalde sosiale groep en die se ekonomiese krag nie, maar in hulle afhankliheid van die Gees.

Ek het verwonderd geluister na die verhaal van ‘n gemeente wat die Ring tot onlangs wou toemaak omdat dit ‘n streek is waar die demografie so verander het dat die een na die ander gemeente toegemaak het. Kom ek se dit sommer reguit- baie witmense het die voorstad verlaat en bruin en swart mense het ingetrek en die blanke gemeenskap gelaat met ‘n gevoel van “displacement”. Die verbeelding van die kerkstruktuur was nie veel meer as’n netjies begrafnis of ‘n aasvoel mentaliteit van as ook hierdie gemeente omval kan ons ‘n paar lidmate skep nie. Die gemeenteleiers het vasgebyt, rug reguit gemaak teen die Ring, nie toegemaak nie maar begin groei. Vandag is en daar is eenvoudig ongelooflik wonderlike dinge wat in en deur die gemeente gebeur. Hulle, wat nog onlangs skaars kop bo water kon hou, het vinnig vinnig geld bymekaar gemaak en ‘n goeie bedrag gestuur na die ontheemde mense van Haiti, nadat hulle ‘n gebedsweek verander het in ‘n uitreik week! Hulle nooi die plaaslike skool se onderwysers- 22 van die 25 daag op sodat daar vir hulle gebid kan word. Nooi die Polisie om hulle te bedien, nooi BADISA om uit te vind waar hulle in die gemeenskap kan bedien en so kan ek aangaan.