{ARGIEF}

Vereistes vir ‘n kragtige visie
Johan Kotze
 

‘n Visie wat deur almal ontwikkel en besit word is ‘n kragtige versneller tot die ideale toekoms. Die woord visie is van die Latynse “vidère” wat beteken om te sien.

Die tien komponente:

1.    Visueel

‘n Prentjie van die ideale toekoms is iets wat ‘n mens in jou geestesoog kan sien. Dit is ‘n beeld van hoe dinge gaan lyk as die visie ten volle geimplementeer is.

2.    Gedeel

Soos ons saam na die prentjie kyk is dit dieselfde prentjie want ons het dit saam ontwikkel.

3.    Belyn en mobiliseer

“n Gedeelde visie belyn almal in die gemeente en veroorsaak beweging in dieselfde rigting. Dit ageer soos ‘n kompas wat almal rig na dieselfde punt in die toekoms.

4.    Meeslepend

Dit gryp die lidmate se verbeelding aan want dit skep ‘n positiewe begeerliker toekoms. Dit bring mense in aksie weens die positiewe aard. Dit is diè beeld wat die beste uit mense haal.

5.    Duidelik en helder

“n Visie in jou geestesoog is in kleur, nie swart en wit nie. Dit is in fokus, nie dubbelsinnig nie. Dit is helder nie abstrak en wollerig nie.

6.    Eienaarskap  (Besit)

Die skepping van ‘n visie bring eienaarskap. Dit word nie deur ‘n paar mense in die leierskap opgetrek en afgegee na die lidmate toe nie. Alle vlakke en rolle help met die skepping.

7.    Gaping

Omdat die visie die ideale toekoms verbeeld behoort daar ‘n gaping te wees tussen waar die gemeente nou is en die visie.

8.    Meerdoelige appèl

‘n Kragtige visie maak ‘n appèl op die hart, kop en voete.
Kop = Die prentjie maak ‘n appèl op die rede, gedagtes, idees, analises en logika
Hart = die beeld vertaal na gevoelens en emosies.
Voete = die visie stimuleer aksies om die gaping te vul.

9.    Multi perspektiewe

Afhangende van die invalshoek, is daar verskeie perspektiewe. Sommige sien ‘n boom andere sien ‘n woud. Leiers verstaan die paradoks van ‘n oorkoepelende visie en individuele perspektiewe.

10.    Multivlakke