Geloof gee taal om te praat oor grense

Written by Frederick on . Posted in Gemeenteverhale

Ek dink ek het vanjaar ontdek hoop is altyd local. Dit staan met haar voete plat op die aarde van gewone mense, in ‘n gewone dorp/stad.

So hier is myne:

Ma skoonma het in Februarie gesterf. Ek was gelukkig om haar te kon besoek in Kimberley in die hospitaal, ongeveer 3 weke voordat sy gesterf het. Toe ek inkom, vertel sy vir my van haar kamermaats. Aanvanklik het hulle nie met haar gepraat nie, vertel sy, maar toe sy haar Bybel uithaal om te lees, vra hulle dat sy dit hardop moet doen. Sy doen dit, vra gebedsversoeke, bid vir hulle, deel saaam met hulle in hulle pyn, deel later handeroom uit voordat almal gaan slaap. Haar huiwering aanvanklik was omdat die ander drie swart vroue was en sy nie geweet het hoe om ‘n gesprek met hulle te begin nie.

Geloof gee vir ons taal om met mekaar te kan praat as ons nie weet hoe nie. Selfs as ons ook nie eintlik wil nie, sterk geloof ons oor die grens.

Trackback from your site.

Leave a comment