{ARGIEF}

  • Eilandsituasie
  • Stil in die teenwoordigheid van God
  • In gesprek met geloofsgenoot
  • Identifiseer en inoefening van geloofsdissipline
  • Verskeidenheid van retraites (Slegs waarvoor ons uitgewerkte materiaal het)

a)  Titel:          Ons Vader wat in die hemel is

Tema:  Die Onse Vader-gebed in Matteus 6:5-15
Die Onse Vader verwoord die daaglikse stryd van elke gelowige tussen die koninkryk van God en dié van die Satan.  Die gruwels van die lewe waaraan ons elke dag blootgestel word, is die konteks waarbinne die Onse Vader gebid word.
Tog is dit nie die nood wat ons leer bid soos die spreekwoord sê nie, maar die goeie nuus van die koninkryk van God, die evangelie, die genade van God in Christus.  Dit is wat ons laat bid.  Ons bid nie uit nood nie, maar uit dankbaarheid.  Ons bid omdat die koninkryk van God gekom het en dit ons hoop gee vir ons lewe en vir die wêreld.  En, ons bid in gehoorsaamheid.  Gebed is ‘n opdrag van die Vader.
Tydsduur:      Dit kan as ‘n naweek retraite aangebied word, óf as ‘n driedag retraite
Formaat:        Maak gebruik van stiltye, luistergroepe (kleingroep) en grootgroep-besprekings
Materiaal:       Beskikbaar by Communitas
Aanbieder:     Reël by Communitas

b)  Titel:          Kolossense

Tema: Die boek word in sy geheel deurgelees en deurgebid
Kolossense word in drie dele aan die orde gestel:
Kol 1:1 – 2:5              Christus in en met gelowiges
Kol 2:6 – 3:4              Leef in verbondenheid met Christus
Kol 3:5 – 4:18            Liefde as ‘n andersoortige leefwyse
Tydsduur:      Driedag-retraite of naweek-retraite
Formaat:        Maak gebruik van stiltye, luistergroepe (kleingroep) en grootgroep-besprekings
Materiaal:       Beskikbaar by Communtas
Aanbieder:     Reël by Communitas

c)  Titel:          Wees barmhartig soos julle Vader

Tema:  Die vraag na dissipelskap.  Die aanleer en inoefening van geloofsgewoontes
Die begrip, barmhartigheid, klink so bekend en algemeen maar ons sien so min daarvan rondom ons.  Die teendeel is eerder waar en ons sien baie mense ly, honger, siek, gemolesteer, verkrag, arm.   Om barmhartig te wees, is ‘n radikale oproep wat tot ons kom.  Só radikaal en onverdiend soos God se barmhatrigheid teenoor mense.
Om barmhartig te wees, kan ‘n leefwyse wees.  Die inoefen van geloofsgewoontes help ons daarmee.
Tydsduur:      Naweek-retraite of driedag-retraite
Formaat:        Meditatiewe retraite; maak gebruik van stiltye, luistergroepe (kleingroep) en grootgroep-besprekings
Materiaal:       Beskikbaar by Communitas
Aanbieder:     Reël by Communitas

d)  Titel:          In Groot Geselskap

Tema:  Die teenwoordigheid van God
Die teenwoordigheid van God is die sentrale tema.  Aandag word gegee aan die realiteit en die implikasies wat dit vir ons lewens het.
Tydsduur:      Naweek-retraite of driedag-retraite
Formaat:        Meditatiewe retraite; maak gebruik van stiltye, luistergroepe (kleingroep) en grootgroep-besprekings
Materiaal:       Beskikbaar by Communitas; Leiersgids en Deelnemersgids
Aanbieder:     Leraar of reël by Communitas

e)  Titel:          Tussen Pole van Vlees en Gees

Tema:  Hierdie retraite wil gelowiges help om hul eie worsteling met heiligmaking, veral in hul verhouding tot hulleself, hulle naaste en met die Here, te verstaan en te oorwin
Daar is drie bewegings waarbinne ons lewens fluktueer:
Van eensaamheid na innerlike vrede; ons verhouding tot onsself
Van vyandskap tot gasvryheid; ons verhouding met ander mense
Van mag na broosheid; ons verhouding met God
Tydsduur:      Naweek-retraite of vierdag-retraite
Formaat:        Meditatiewe retraite; maak gebruik van stiltye, luistergroep (kleingroep) en grootgroep
Materiaal:       Beskikbaar by Communitas
Aanbieder:     Leraar of reël by Communitas

f)  Titel:           Van Vrees na Vertroue

Tema:  Hierdie retraite wil gelowiges help om vry te kom van die houvas wat vrees op hulle lewens het en wil hulle help om met innerlike vrede te leef
Die uitdaging aan Christene is om met die Here se genade, dinge eerder uit geloof en liefde te doen, as om deur vrees gemotiveer en gedryf te word.
Tydsduur:      Naweek-retraite of ‘n vierdag-retraite
Formaat:        Meditatiewe retraite; maak gebruik van stiltye, luistergroepe (kleingroep) en grootgroep
Materiaal:       Beskikbaar by Communitas
Aanbieder:     Leraar of reël by Communitas

g)  Titel:          Gebore as ‘n Metgesel

Tema:  ‘n Metgesel vir God se mense:  Opleiding van geestelike begeleiers
Hierdie program wil gelowiges help om gestruktureerd na te dink oor en vry te kom van die houvas wat negatiewe gedagtes en sonde op hulle lewe het.  Ons help mekaar met die geloofsgewoontes sodat ons ander gelowiges daarmee kan help.
Geloofsgewoontes van die hart, kop, hand en oog (misterie).
Tydsduur:      Naweek-retraite of ‘n vierdag-retraite
Formaat:        Leierskap-/Meditatiewe retraite; maak gebruik van stiltye, luistergroepe (kleingroep) en grootgroep
Materiaal:       Beskikbaar by Communitas
Aanbieder:     Leraar of reël by Communitas

h)  Titel:          Visie en Bediening

Tema:  Maak jou visie vir jou lewe en jou bediening waar
Help mekaar om ons programme só te bestuur dat ons selfvervulling ervaar omdat ons by die visie van ons lewe uitkom.  In die proses vind jy balans in jou werk, asook balans tussen jou werk en die ander aspekte van jou lewe.
Die beginsels van Covey se 7 Habits word bygewerk.
Tydsduur:      Vierdag-retraite
Formaat:        Leierskap- /Meditatiewe retraite; maak gebruik van stiltye, luistergroep (kleingroep) en grootgroep
Materiaal:       Beskikbaar by Communitas
Aanbieder:     Reël by Communitas

I)  Titel:           Spiritualiteit en Persoonlikheidsgroei

Tema:  Ek, die unieke ek, en my belewing van God
In hierdie retraite word aandag gegee aan jou persoonlikheisprofiel (MBTI).
Jou persoonlikheid en spiritualiteitsvoorkeure.
Spiritualiteit as persoonlike groei.
Die invloed van jou spiritualiteitsvoorkeure op verhoudings.
Tydsduur:      Vierdag-retraite
Formaat:        Leierskap-/Meditatiewe retraite; maak gebruik van stiltye, luistergroep (kleingroep) en grootgroep
Materiaal:       Beskikbaar by Communitas
Aanbieder:     Reël by Communitas

j)  Titel:           Spanbou-Retraite vir Ringsleraars (of Medeleraars)

Tema:  Ons is die liggaam van Christus;  Ringsleraars (en Medelaaars) vorm ‘n span
Ons is nie net die  liggaam van Christus wanneer ons in ‘n erediens saam is óf Bybelstudie doen óf aan ‘n projek saam werk nie.  Ons vorm ook die liggaam van Christus wanneer ons leierskaps- en bestuursfunksies vervul.
Die Here gee aan mense veskillende gawes om die gemeente te dien.  Dit geld ook vir die verskillende leierskapsfunksies.  Die Here gee mense vir ‘n gemeente en vir ‘n ring met hierdie verskillende gawes.
Tydsduur:      Vierdag-retraite; alternatiewe reëlings (tydsduur) word onderhandel vir Medelaraars
Formaat:        Leierskap- /Meditatiewe retraite; maak gebruik van Stilte, luistergroep (kleingroep), kollega-span, grootgroep
Materiaal:       Beskikbaar by Communitas
Aanbieder:     Reël by Communitas

k)  Titel:          Roepings-retraite vir Leraars (en Gemeenteleiers)

Tema:  Om weer jou roepingsfokus nuut en vars te ontdek of te bevestig
Jou roeping as leraar (geestelike leier) is seker een van die kosbaarste en mees bepalende gebeure in jou lewe.  Omdat dit so ‘n persoonlike saak is, praat ons dikwels nie met mekaar daaroor nie.  Tog is dit goed dat ons van tyd tot tyd weer stil raak voor God en met mekaar oor ons roeping praat.
Dit is goed om weer ons rolle vanuit ons roeping te bevestig en die take wat daaruit voortvloei helder te formuleer.
Tydsduur:      Drie- tot vierdag-retraite
Formaat:        Roeping- en leierskap retraite; maak gebruik van stilte, luistergroepe (kleingroep) en grootgroep
Materiaal:       Deelnemersgids beskikbaar
Aanbieder:     Reël by Communitas

l)  Titel:           Koeltebome van God se genade

Tema:  ‘n Kursus oor Erediensspiritualiteit
Daar is vier verskillende spiritualiteitstyle tussen mense en daaromp ook teenwoordig in jou gemeente.  Hoe word daar in ‘n gemeente en erediens aan erkenning gegee?   Hierdie is ‘n praktiese kursus wat jou help om dit te verstaan en toe te pas.
Tydsduur:      Eendag-kursus
Formaat:        Voorganger en deelnemende gesprek
Materiaal:       Beskikbaar by Communitas; Leiersgids en Deelnemersgids
Aanbieder:     Leraar of reël by Communitas

m)  Titel:         Projek Eksodus

Tema:  ‘n Geestelike reis om te ontdek wat God se plan met ons lewens is
Projek Eksodus is ‘n proses wat ontwerp is om volwassenes van alle ouderdomme te help om sinvol te ontdek wat dit is om God se pelgrims te wees, óf vir die eerste keer, óf by hernuwing.
Ons praat van ‘n projek want dit kan op baie wyses gebruik word:  ‘n korttermyn-groep wat dit uit-probeer, ‘n nuwe groep wat dit as vertrekpunt gebruik, of ‘n reedsbestaande groep.  Dit kan ook aangepas word in terme van tyd: ‘n groep wat een uur per week vir nege weke lank ontmoet, ‘n naweek-wegbreek, ‘n groep wat twee uur per week vir ses weke lank ontmoet, óf dan ook verskillende kombinasies van al die voorbeelde.
Tydsduur:      Verskeie moontlikhede soos bo bespreek
Formaat:        Voorganger en deelnemende gesprek
Materiaal:       Beskikbaar by Communitas; Leiersgids en Deelnemersgids
Aanbieder:     Leraar of reël by Communitas

n)  Titel:          Geestelike Dissiplines – 100 Dae

Tema:  Seisone van die lewe waarin ons gevorm word in die volheid van menswees
Die deelnemer kry die geleentheid om geestelike, emosionele en fisiese gewoontes wat vir sy/haar lewenoodsaaklik is, te identifiseer en in te oefen.
Elke deelnemer word deel van ‘n kleingroep van vier.  Die viertal hou mekaar verantwoordbaar vir die volgende 100 dae waarin die gewoontes ingeoefen word.
Tydsduur:      Twee dae
Formaat:        Selfontdekkend en deelnemende gesprek
Materiaal:       Beskikbaar by Communitas
Aanbieder:     Reël by Communitas
o)     Titel:        Communitas geloofsreis vir Gemeentes
Tema:  ‘n Geestelike reis om te ontdek wat God se plan met ons lewens is

p)    Titel:         Geloofsreis vir Predikante

Tema:  Geloofsvorming is ‘n lewenslange reis saam met Jesus.  Dit impliseer ‘n proses van radikale innerlike transformasie wat uitloop op diens aan die naaste en die skepping.
Geloofsvorming kan verder aan die hand van vier punte omskryf word:

  • Herontdekking
  • Innerlike transformasie
  • Groter emosionele gesondheid
  • Liefdesdiens

Kontakpersone:        Pierre Goosen; goosen@sun.ac.za; Joanie Batt;  jcab@sun.ac.za; tel 021-808 3382
Mede–Begeleiers:    Riaan van der Merwe; Gys van Schoor; Jannie Hougaardt; Wilhelm Burger; Marié Britz