VBO_9e_Geloofsreis Jaar 2 Retraite 5 DissipelskapVBO_9c_Geloofsreis 1 Innerlike reisVBO_9c_Geloofsreis 1 Innerlike reis
Geloofsreis vir Predikante
ʼn Mens se geloofsvorming is ‘n lewenslange reis saam met Jesus, en dit impliseer ‘n proses van radikale innerlike transformasie wat uitloop op diens aan jou naaste en aan die skepping.
Lees meer hieroor hier onder, en skryf in vir een van die twee retraites in Oktober: Jaar 1 Retraite 3: Die Innerlike Reis of Jaar 2 Retraite 2: Dissipelskap |
Geloofsvorming kan verder aan die hand van vier punte omskryf word:
- Herontdekking: ‘n “herontdekking” van wie Jesus is, en ‘n eerstehandse leer leef met Hom. Dallas Willard sê in sy boek, The Divine Conspiracy: “My hope is to gain a fresh hearing for Jesus, especially among those who believe they already understand Him”.
- Innerlike transformasie: Daar vind ‘n voortdurende innerlike transfor-masie van ons lewens plaas: “Becoming a new kind of person” (Willard).
- Groter emosionele gesondheid: ’n Baie belangrike aspek van hierdie transformasie is ons innerlike genesing en heling tot ‘n groter emosionele gesondheid.
- Liefdesdiens: Geloofsvorming loop altyd uit op liefdesdiens aan jou naaste en die skepping.
In die eerste jaar word in die eerste retraite gekyk na Emosioneel gesonde spiritualiteit, en in die tweede retraite herontdek jy saam met jou medereisigers vir Jesus en sy Evangelie. En nou lê die derde retraite van die eerste jaar se reis voor:
Boeke om te lees: False self vs true self, Basil Pennington, en Abba’s child, Brennan Manning.
Bring kontant saam, want ʼn werkboek kan op die retraite verkry word teen R100.
Die begeleiers: Gys van Schoor en George Roux
Sluitingsdatum: 26 September
In die tweede jaar van die geloofsreis word geloofs-reisigers tydens die eerste retraite m.b.v. die enneagram, ‘n ou wysheids-instrument, gehelp met selfkennis.
ʼn Boek om hieroor te lees: The great omission, Dallas Willard
Notas word op die retraite verkry @ R50. Die begeleier is Gys van Schoor.
Sluitingsdatum: 3 Oktober