{ARGIEF}

Gedurende Maart vanjaar is die VBO-kursus Om opnuut “Ja” te sê vir ons roeping en werk by Communitas aangebied. Dit is in die verlede aanvanklik aangebied as ’n retraite, en het later bekend gestaan as diePoort-kursus”. Tans word dit die Roepingskursus genoem, met die subtitel Helende gesprekke oor die bediening.
Gedurende die derde kwartaal word hierdie kursus ook in die Suid-Kaap aangebied om dit vir meer mense moontlik te maak om dit by te woon.

Die doel van dié kursus is om predikante te help om doelgerig verantwoordelikheid te neem vir hul persoonlike groei in die uitleef van hul roeping in die bediening, deur geleentheid te skep vir selfontdekking en groter selfbewussyn.

In hierdie kursus kry elke kursusganger geleentheid om bewustelik met sy of haar persoonlike en unieke roepingsverhaal te werk en moontlik tot nuwe selfverstaan of insig te kom. Die kursus is nie ingestel op nuwe inligting of kennis wat oorgedra of aangeleer moet word nie, maar eerder bedoel om reflekterend om te gaan met die individu se persoonlike roeping – God wat ons geroep het, na wie ons geroep is en waarom ons geroep is.
Tydens die kursus sal daar

  • baie geleentheid wees om te vertel wat in jou lewe tot dusver gebeur het en hoe jy dink om jou lewe en roeping vorentoe uit te leef. Die gesprekke wil geleenthede skep waar elke deelnemer nie net kan reflekteer oor sy of haar roeping nie, maar ook kan nadink oor die volgende vyf tot tien jaar in die uitleef van sy/haar roeping.
  • behalwe tyd vir die vertel van jou persoonlike verhaal, ook tyd wees vir persoonlike joernaalskryf, refleksie en nadenke.

Die werkboek is verdeel in werksessies, met ruim plek vir persoonlike notas. Gebruik die boek vir persoonlike refleksies, nadenke en leermomente en om beplanning te doen vir die uitleef van jou roeping in die toekoms.
As jy hierdie geleentheid bywoon, glo ons dat jy die innerlike reis in jou eie en ander se roepingsverhale lonend, uitdagend en as ‘n opbouende ervaring sal beleef.
Teen die einde van hierdie roepingsgesprek behoort elke gespreksdeelnemer:

  • sy of haar eie roepingsverhaal opnuut te vier;
  • ‘n nuwe waardering vir jou eie roeping te beleef;
  • nuut te dink oor Wie jou geroep het en waarom;
  • met nuwe motivering terug te gaan na die mense en gemeente na wie jy geroep is;
  • groter duidelikheid te hê oor hoe Communitas en Ekklesia se kursusse jou kan help om te groei in die uitleef van jou roeping;
  • deel te voel van ‘n groep leiers wat dieselfde uitdagings beleef;
  • opnuut bewus te wees van wie jy is as geestelike leier en waarom jy op die spesifieke plek in jou lewe is en
  • te kan nadink oor wat jou verhinder om jou roeping optimaal uit te leef.

Lees gerus ook die volgende boeke:
The sense of the call – Marva Dawn
Christ plays in Ten Thousand Places – Eugene Petersen
Om opnuut “Ja” te sê vir my roeping en werk: helende gesprekke oor die bediening
Tyd: 20-22 Augustus 2013
Plek: NGK Hartenbos

Besprekings kan gedoen word by Wilma le Roux:
Tel. Nr. 021-808 3624
of epos haar by