{ARGIEF}

Amanda Kruger-van Deventer gesels in die volgende 3 Interaksies met ons oor hoe ons as vroue ander vroue kan dra en ondersteun …

Die skoonheid van ‘n roos kom tot volle prag deur die bystand van haar gesonde groen blare. Die blare van ‘n roosboom is soos die hart en longe van ‘n mens. Hoe gesonder, sterker en groener die blare is, hoe mooier is die roos. Die blare verleen dus bystand aan die roos. (Ludwig Taschner)

Vroue is vir my soos pragtige bosse blomme. Elke bos blomme het haar eie unieke persoonlikheid. Haar eie unieke geur wat ruik na lelie, roos, mirre, aalwyn, kassie, safraan, appel, kaneel, soetdoring, lenteblomme of balsemolie. Elke vrou is, uit genade, ‘n heerlike vreugdevolle ruiker wat die liefdegeur van Jesus se Verlossing kan uitdra aan ander vroue in ons land, en ook wyer deur die wêreld. Ons woon in ‘n land met vele geloofsdenkrigtings. Jesus, deur sy kruisdood en opstanding, laat ons gelowige Christenvroue se  blomstele ryklik drink uit die bron van helder Lewegewende Liefdewater vol van sy genade. 

As Christenvroue kan ons ‘n verskil maak, want ons het vir Jesus. Ons staan bymekaar. Ons verleen bystand aanmekaar net soos die blare van ‘n roos aan die roosknop. Ons kan “by-staan” en luister (Ps 141:1+2), “saam-staan” in lag- en huiltye (Ps 71:23 / Ps 126:5+6), “oorleun-staan” in versorging, vertroeteling, koestering en bederf (Hebr 13:5 / Ps 138:3 / Jer17:14), “om-staan” in drukkie-gee-vol-insig-en-begrip (1 Tess 5:17 / Fil 4:6+7),  “voor-staan” in beskerming en saamloop (Ps 121 / 2 Tess 3:3 / 2 Tim 4:18), “onder-staan” in optel en dra (Luk 1:37 / 2 Kor 12:9),  “buig-staan” voor God, ons Vader, Jesus Christus ons Verlosser en die wonderwerkende Heilige Gees  (Ps 37:4-6 / Ps 150).

Saam is ons vlindervlerkvry in Jesus. Uit God se genade versprei ons saam Jesus unieke geur van genade. Volgemaak met die Heilige Gees se arendvlerkkrag staan ons bymekaar. Verleen ons bystand aanmekaar soos wat die Skrif dit uitspel in o a Spr 11:30, 1 Pet 3:11+15 en 2 Tess 3:5.  

Volgende kwartaal gesels ons verder oor vriendinne …

daisies

flower_orchid

1307706377

Vriendinne
Roos,
Magrietjie
Madeliefie,
Angelier,
Lelie,
Papawer
 ongevraagd
Saamgevoeg in die natuur
Gepluk deur God vir jou genot
Elkeen sekuur,
 soms slegs vir een enkele uur
Presies soos net Hy weet ons mekaar nodig het

Saamgebind deur God se hand
Bring jy vreugde waar jy jou bevind
‘n soete geur, miskien jou kleur
leliewit of rooi soos bloed
God weet wat jy nodig het vir jou gemoed

Deur die jare voeg Hy by
Neem Hy weg soos die eb gety

Nooit sal jy staan met ‘n leë hand
God ken vir jou en my
Hy weet wat ek nodig het
‘n Vriendin soos jy

(deur Jolene vd Berg)