Die pad van Dissipelskap
by admin | May 17, 2014 | Vennote |
Ekerk bied in Mei 2014 ‘n opwindende leer geleentheid aan as webinaar. Die tema is ” Die pad van Dissipelskap “ en sal spesifiek wees vir enige leraars en enige iemand wat meer wil weet en saam wil gesels oor die tema. Sien al die inligting hieronder, of kontak vir pierre@ekerk.org om meer uit te vind. |
|
Hierdie geleentheid bied 5 VBO punte.
Meer oor die webinaar:
Tema : Die pad van dissipelskap
Dissipelskap. Ons hoor dit so baie by gelowiges en in die gemeentes.
- Wat is dissipelskap?
- Moet elke gelowige nie ‘n dissipel wees nie?
- Waar leer ons as geestelike leiers van dissipelskap?
- Wat is ons rol as geestelike leiers om mense as dissipels toe te rus?
- Wat is die rol wat die Bybel speel ten opsigte van dissipelskap?
- Wat kan Lukas en Handelinge ons leer van dissipelskap?
- Moet ‘n dissipel ‘n buitengewone gelowige wees?
Waar: Webinaar
Wanneer en sprekers:
- 22 Mei 2014: Mynhardt van Pletsen wat gaan gesels oor waar ons moet reg begin om dissipelskap reg te verstaan.
- 29 Mei 2014: Pierre Engelbrecht wat gaan kyk na dissipelskap vanuit Lukas-Handelinge en wat Jesus ons leer van dissipelskap.
- 5 Junie 2014: Stephan Joubet waar hy gesels oor ‘n paar leefreëls vir gewone mense wat buitengewone lewens wil leef.
Tyd: 10:30 – 12:00.
Koste: Gratis.
Die voorgeskrewe boek vir die webinaar:
Registreer deur die volgende link te volg: http://form.jotformpro.com/form/41283252802953 |