Die Duitse filosoof Eugen Rosenstock-Huessy het die volgende gebed oor die vryheid van Christene geskryf. Die vryheid wat gekom het deur die opstanding van Christus !
Here dankie dat ek vry is.
U was gevange en U is vry,
en ek is saam met U vry
van alle benouing en vrees.
U het my as vry mens geskape
en vir die vryheid van die seuns en dogters van God
het U my bestem.
Ek is nie meer my slaaf nie,
nie meer my kerkermeester nie.
Ek hoef my nie meer te wantrou nie.
Ek hoef my nie meer te haat nie.
Ek hoef my nie meer te vrees nie,
want deur U is ek vry.
U was gevange en is vry.
Nou herskep U my tot ‘n vry mens.
Ek is nie meer wie ek was nie.
Ek is nie meer wat ek van myself weet nie,
maar wat U van my gemaak het.
U vra geen prestasie nie.
U veroordeel my nie oor my mislukking nie.
Ek behoort aan U.
Ek was gevange en is vry.
Ek is in U Naam gedoop.
Ek is en bly U kind.
vernuwe deur U Gees,
U skeppende Gees.
Ek vra nie meer
of ek verdien om te lewe nie,
want ek lewe deur U.
Ek dank U, Here,
nou en vir ewigheid.
Die ware toekoms
ontspring uit die dinamiek
van ons geloof, hoop
en gemeenskaplike liefde
Hierdie dinamiese toekoms
moet ons blote denkbeelde
van die toekoms
elke dag opnuut
verreweg oortref
(vertaal deur Leo vd Westuisen)
‘n Baie geseende Paasfees word vir elkeen toegebid! Onthou die opstanding het ons nuut en vry gemaak!!!!
Quintus