In die toets wat daarvoor ontwerp is, word elkeen ‘n lys van 56 byvoeglike naamwoorde gegee waaruit 5 of 6 gekies moet word wat jy voel jou persoonlikheid die beste beskryf. Indien dit in groepe gegee word, kies elke groeplid ook 5 of 6 byvoeglike naamwoorde wat elkeen van die ander lede van die groep beskryf. Dié keuses word dan in ‘n matriks, die Johari venster, ingeskryf.
Kwadrant 1 is die publieke deel van ons lewe wat almal sien en waarvan onsself ook bewus is. Kwadrant 2 is dié deel van onsself wat ander sien, maar waarvan ons onbewus is, ons blinde kol. Kwadrant 3 is dié deel van onsself waarvan nie onsself of ander bewus is nie. Kwadrant 4 is dié deel van onsself waarvan net onsself bewus is, ons private self.
Ooreenkomste met die Myers-Briggs tipe indikator word gereeld ingespan in die interpretasie hiervan.
Dit kan ook deur iemand van buite gebruik word om byvoorbeeld na verhoudings te kyk om so patrone en selfs moontlik oplossings te kan raaksien, wat mense binne die verhoudings nie maklik self raaksien nie.