{ARGIEF}

Die gemeente as sorgsisteem (VBO 10)

Kontak Chrisna van der Merwe by: 021-808 3624; cmer@sun.ac.za

Laai VBO 10 Inskrywingsvorm hier af

Aanbieders:  Wilhelm Burger, Hans Steyn, De Wet Schutte (Sosioloog) en Danie O’Kennedy
Datum: 15-17 September 2009
Plek:  Stellenbosch

Tema en doel:  Kan gemeentes ‘n sorg¬sisteem genoem word? Ons kan nie koinonia skep deur ons bediening nie, ons kan alleen ruimtes oopmaak sodat die goddelike gebeure wat ons koinonia noem, kan plaas¬vind. Binne hierdie ruimtes sorg mense vir mekaar.

Inhoud:  Het jy al sorg ervaar?

  • Die dinamika van menslike behoeftes – ‘n Sosiologiese perspektief
  • Die uniekheid van versorging in die Bybel
  • Die rol van leierskap in versorging
  • Die erediens as plek van versorging
  • Hoe kan kleingroepe help?

Uitkomste:

  • Verstaan waarom mense mekaar opsoek
  • Erken die uniekheid van versorging in die Bybel
  • Verstaan die unieke rol van leierskap om ruimte te skep vir versorging
  • Neem kennis van strategieë om sorg¬sisteme in ‘n gemeente te vestig.