Frederick MaraisCommunitas: Netwerk Koordineerder & SKG GemeentebegeleidingGemeentes en veral die prosesse van verandering in Gemeentes het my nog altyd gefassineer. My pa vertel dat ek op 8 jarige ouderdom al probeer het om in sy gemeente te fasiliteer met die sinnetjie: Pa weet mos ons kan nie meer langer so aangaan nie. Vir die afgelope 8 jaar is ek verantwoordelik vir die begeleiding van gemeenteprosesse eers by Buvton en nou binne die Communitas Netwerk. Ek geniet dit om saam met ‘n wonderlike span te kan saamwerk binne die Communitas Netwerk en vir die koördineringvan die Netwerk verantwoordelikheid te neem. Ek is na byna ‘n dekade se fasilitering in gemeentes steeds mateloos gefassineer oor hoe die Here deur sy Woord en Gees deur gemeentes wonderlik werk. Op die blog waarvoor ek verantwoordelik is, Padlangs met gemeentes, skryf ek weekliks oor my ervarings met gemeentes en verwelkom kommmentaar baie. Ek is baie dankbaar dat ons nou dienste kan lewer aan beide die VG en NG gemeentes van ons streek, want die eenheid van die kerk is vir my ‘n passie. Die afgelope 5 jaar is ek betrokke by die Vennootskap vir Gestuurde Gemeentes en die Seisoen van Luister. Blootstelling hieraan het my verstaan van my roeping en uitlewing van my werk dramaties beïnvloed. Ek is getroud met Anita. Ons kom ‘n leeftyd saam, want ons het mekaar in graad 2 ontmoet. Ons het twee wonderlike tiener dogters, Anika en Janneke. Ek is baie lief vir reis, jag en die buitelewe en doen baie amateuragtige houtwerk wat my familie tot vervelens toe moet bewonder. As ek gedwing word, skryf ek oorgemeentes en die familielewe. Frederick Marais Communitas: SKG |
|
Divine RobertsonAdmin Beampte CommunitasEk werk al 10 jaar as deel van die Communitas-span en dit het my aan ‘nnuwe wêreld blootgestel van gemeentes, predikante en gemeenteleiers. Ek geniet dit om met gemeenteleiers en predikante te skakel om ons gemeenteprosesse aan hulle bekend te stel en inligting daaroor deur te gee. So kan ek my liefde en passie vir my medemens uit te leef. Ek is gebore in Bellville, in die Paarl grootgeword, en myself bekwaam as ‘n onderwyser. Dit is waar ek vir Denver my man ontmoet het. Ons het twee kinders, Keagan en Kelly wat my geleer het om dinge van myself te ontdek wat ek nie gedink het ek kan doen nie. My persoonlike motto is om die eenvoudigste ding op ‘n besondere manier te doen. Verder het ek geleer om nooit dinge persoonlik op te neem nie, maar op die saak te fokus. Dit is waarom mense sê, ek kan rustig bly in krisis situasies. Elke dag vra ek die Here om my wysheid te gee in die werk wat ek doen. Kontakbesonderhede: (021) 808 3265 |
|
Johan Kotze
Communitas: Gemeente fasiliteerderSAVGG: Gestuurde Gemeente KonsultantOmeen of ander rede het ek ’n behoefte dat die regte ding op die regtemanier gedoen word. Dit is dalk die rede hoekom die Here my geroep hetom gemeente fasilitering te doen. Nie omdat my bydrae as sodanig ietslewer nie, maar omdat gemeenteleiers deur geloofsonderskeiding by dieHere hoor wat hul gemeenteroeping (die regte ding) is, en dat hul dansaam beplan hoe om dit te beliggaam (reg doen). Vir die afgelopepaar jaar het ek die wonderlike voorreg om my roeping om brûe te bouuit te leef. Dit was die opdrag wat God aan my gegee het tydens dieGcowe konferensie in Pretoria in 1997. Buvton was, by name FrederickMarais, instrumenteel daartoe dat ek gehoorsaam aan my roeping kanwees. En die wonder is dat hy nie my roeping voor die tyd geweet nie.Hulle het my doodeenvoudig akkommodeer, bygestaan, opgelei enontwikkel. Die span wat Frederick oor die jare aangestel het dra ookwonderlik hiertoe by Ek is getroud met Annalise, ’n geskenkvan God weens haar ondersteuning en voorbidding, Sy het ’n besonderemanier waarop sy haar geloof uitleef. Ons ry weekliks, indien moontlik,saam Stellenbosch toe om daar te gaan gholf speel. Sy natuurlik beteras ek, want sy het ’n beter afrigter as ek (dis nou ek). Ons het ’nwonderlike seun Gerrit, getroud met Nicolette, en hulle tweetjies hetdrie kinders. Hy is werksaam in London waar hy spesialiseer in diebestuur van verandering. As ouers is ons die Here dankbaar dat ons seunen skoondogter gelowiges is. Gerrit gee volwasse kategese by diegemeente waar hulle lid is. jkotze@kingsley.co.za |
|
Sharon NaudéOntvangsdameEkis getroud met 2 kinders, en hou daarvan om met mense te werk. My doelin die lewe is om deur die genade van die Here ‘n lig te wees in diewêreld. Ek is werksaam by Communitas vir 4 jaar, en isverantwoordelik vir ontvangs en die verkoop van boeke. Dit is vir my ‘nvoorreg en plesier om deel te wees van die Communitasspan. Kontakbesonderhede |
|
Coenie BurgerCommunitas: Voortgesette Bedieningsontwikkeling en navorsingMy werk by Communitas is om te help beplan aan die VBO-program wat jaarliks aangebied word en om studiegroepe oor Bedieningsprobleme of – geleenthede te organiseer. Ek het redelik vroeg in my bediening geweet dat ek graag met predikante sal wil werk. Ek ken heelwat van die predikante in ons kerk (my 20 jaar as studenteleraar het gehelp hiermee!) en ek kan regtig sê dat ek lief is vir hulle en op `n manier in hulle glo! Die predikante wat ons het is van die beste gawes is wat die Here aan ons familie van NG Kerke gegee het. Ek sou ook graag wou doen wat ek kan om predikante van ander kerke by te staan. Min van die kerke het die bronne en geleenthede wat tot ons beskikking is. Ek glo dat van die belangrikste opdragte aan ons kerk is om hierdie gawes en geleenthede ook beskikbaar te maak vir ander. Deur die loop van my bediening het die Here my lewe al hoe dieper verknoop aan die saak van die ekumene en die eenheid van sy kerk. Ek glo dat die variasie van mense, gawes en selfs teologiese insigte deel van die rykdom van die geloof is en dat ons ons werk beter gaan verstaan en doen as ons dit saam met ander kan doen. Lees en dink, speel `n groot rol in my lewe. Ek lees baie – feitlik uitsluitlik teologie – en het die genade gekry dat dit nie vir my swaar is of na werk voel nie. `n Vriend het my al gewaarsku dat dit mag saamhang met sondige nuuskierigheid. Dit is seker so, maar ek wil graag glo dat dit ook te doen het met `n begeerte om die evangelie beter te verstaan en te dink oor hoe ons as kerk Christus beter kan dien en volg. Ek was op skool nie juis aktief in die kerk en christelike verenigings nie en het eers in my matriekjaar tot geloof gekom. Om Christus te ontmoet en Hom te kon leer ken (al is dit maar gebrekkig) is steeds vir my die wonderlikste ding wat in my lewe met my gebeur het. Paulus se wens in Fil 3:10 “dat hy Christus mag ken” het van my tweede jaar op universiteit nog altyd in my lewe `n groot rol gespeel. Die tweede groot genade in my lewe is my gesin. Ek is getroud met Lydia (`n nooi van der Walt) wat betrokke is by Matie Gemeenskapsdiens en die Here het vir ons drie wonderlike kinders (Ronelle, Rulof en Cobus) gegee. Tel 021 8083624 cwbu@sun.ac.za Blog: www.communitas.co.za/nagedagtes |
|
Chrisna van der MerweVBO-Kantoor en NavorsingOm sedert 2000 as deel van die wonderlike span by Communitas (vroeërBuvton) te werk, is ‘n seën wat die Here oor my pad gebring het. VanafJanuarie 2000 tot Oktober 2007 was ek in diens van die Moderatuur vanWes-Kaap Sinode asook Buvton. Ek is nou verantwoordelik vir dieadministratiewe ondersteuning van die VBO-Kantoor en Navorsing en ditis ‘n plesier om vir Coenie te werk! Ek is ‘n Karookind – komuit goeie aarde – was in die onderwys – LO-onderwyseres en het daarnavir 15 jaar as saakgelastigde by Studentekerk, Stellenbosch gewerk. Toe ons as gesin besluit ek mag nou weer net huisvrou en Mamma wees,het die Here (Buvton) Communitas oor my pad gebring. Vroeë aftrede hetverdwyn! Rondom Communitas se iZiko word daar altyd iets nuuts bedinken groei ons elke dag – never a dull moment! Die Here het oor die jarewonderlik voorsien en daarom is dit nou ‘n vreugde om die Hom metblydskap te dien deur deel te wees van Communitas en VBO en om diens telewer aan gemeentes en predikante. Jannie – my wonderlikeondersteunende man – en ek het drie kinders met pragtige kleinkinders.Ons “gym” soggens 5:30 om die dag met genoeg energie te begin.Naaldwerk is een van my groot liefdes asook tuinmaak, lees enwoonwa-vakansies saam met die gesin. Chrisna van der Merwe
|
|
|
|
Joanie BattAdmin Beampte: SKPAdmin Beampte: FinansiesEk is getroud met John Batt; 3 getroude kinders; 4 kleinkinders en ‘n hond Kontakdetail: |
|
Peter Grove |
|
Peter AdamsCommunitas: Kantoor vir Gemeente-Ontwikkeling en Kerklike SamewerkingMy rol in die Kerk het ek al op vroeë ouderdom besef as iemand met sterk organiseringsvermoë en ‘n passie vir die werk van die Here. Om gemeentes te help en leiding te neem is vir my baie baie belangrik. Ek is ‘n predikant van die VG Kerk wat my bediening begin het in Merweville vir ses maande en later word ek beroep na Bonteheuwel waar ek die laaste 10 jaar is. Vir die afgelope 2 jaar is ek tentmaker in die gemeente. Ek is huidiglik verbonde aan die Kantoor vir Gemeente-Ontwikkeling en Kerklike Samewerking. Die kantoor was eers die Skiereilandse Raad vir Kerklike Samewerking en Gemeente-Ontwikkeling wat gewerk het binne die NGK. Huidiglik het ek ook om ‘n fasiliteringspan vir die VGK op die been te bring met die hulp van Frederick Marais. Die Kantoor vir Gemeente-Ontwikkeling en Kerklike Samewerking wil graag help i) Om die Koninkryk van God te help uitbou; ii) Die vestiging van nuwe geloofsgemeenskappe wat ons eenheid in Christus op konkrete wyse sal beliggaam deur die skep van Nuwe gemeenskappe; Skep van ruimtes vir aanbidding en die Herontwikkeling van ou kwynende gemeenskappe in nuwe geloofsgemeenskappe binne die visie van GKS. Die afgelope 4 jaar is ek betrokke by die Algemene Sinode se Bediening vir Kommunikasie, Publikasie en Argief en ook by die uitleg van URCSA News. Ek is ook lid van die Regskommissie van die Kaapland Sinode van die VGK. Ek beskou myself as iemand wat wonderlike gawe ontvang het t.o.v rekenaars en wil dit altyd tot uitbreiding van God se Koninkryk gebruik. Ek is getroud met Carol wat ek ontmoet het toe ek nog rugby gespeel het. Ons het twee wonderlike kinders, Carlo en Carla. Ek is baie lief vir sport en kry soveel blootstelling om met oorsese rugbyspanne te reis. Communitas: GKS |
|
Braam Hanekom
|
|
Gielie Loubser |
|
Louisa Crafford |
|
Madelein GerberKoördineerder: VrouelidmateVir ongeveer die helfte van my leeftyd is ek Die manier waarop vroue dink, doen en diensbaar is, fassineer my. Die afgelope ses jaar is ek in die Wes-en Suid-Kaap as koördineerder van vrouebedieninge werksaam. Ek meen dat vroue een van die kosbaarste geskenke aan gemeentes is – passievol, kreatief, met baie potensiaal, deernis en liefde. Die Here werk deur Sy Gees en Woord op ‘n unieke wyse deur vroue in gemeentes. Dit is daagliks vir my ‘n voorreg om betrokke te wees by die ontsluiting van vroue se potensiaal sodat hulle met oorgawe die Here kan dien. Ek is getroud met Frankie. Ons het drie kinders (Celiaan, Derek en Lizelle) waarvan die een getroud is en die jongste twee nog studeer. Ek is baie lief vir die buitelewe – om te stap, die natuur te geniet en droom steeds oor die mooi tuin wat ek nog gaan maak. Kontak Madelein by 021-9577191 (k) |
|
Danie MoutonDirekteur Begeleiding NG Kerk Oos-Kaapland
Gemeentes as gemeenskappe van geloof in die Drie-Enige God was van kindsbeen die passie in my lewe. Van my kinderdae ontroer dit my as volwassenes bely dat hulle glo in God die Vader, in Jesus Christus die Here, en in die Heilige Gees, die Lewegewer. Die navolging van hierdie Goddelike Familie, en die deelneem aan God se werk, is my passie – met hoeveel misverstand, goeie bedoelings en slegte gevolge dit ook al gepaard gaan. Gemeentes is die hoop vir die wêreld. Ek is dus bevoorreg om die begeleiding van gemeentes en hul leiers tot roepingsvervulling as my primêre taak binne die Oos-Kaapse netwerk te hê. Ons is bevoorreg om baie nou met die VGK saam te werk. Baie mooi gemeenskaplike inisiatiewe in die Oos-Kaap gee my baie hoop vir die toekoms. Ek beleef die evangelie as publieke waarheid, en wil gemeente en hul leiers dus begelei om in die samelewing – nie net in die binnekamer van mense se private geestelike lewe nie – ‘n verskil te maak. Queenstown-Tuine was die eerste gemeente waar ek vir vier jaar gedien het, waarna ek vir 5 jaar die hoof van die Kinderoord MTR Smit in Port Elizabeth was, en daarna vir 14 jaar predikant van PE-Hoogland. Sedert November 2007 is ek in my huidige pos aan die NG Kerk in Oos-Kaapland verbonde, ‘n Communitas-vennoot. Dit is opwindend om deel van hierdie netwerk te wees. My betrokkenheid by die SA Vennootskap vir Gestuurde Gemeentes oor die afgelope 5 jaar is sekerlik die mees vormende ervaring van my hele lewe! My huweliksmaat is Martie Donald, ‘n verpleegkundige wat in reismedisyne spesialiseer. Ons het twee kinders, Niel (18) en Magdel (15). Niel beoog ‘n loopbaan in bemarking en toerisme, terwyl Magdel haar oog op argitektuur het. Kontak Danie by: 041 3653159 danie@ngkok.co.za |
|
Monty SahdSkriba Kuratorium
Ekwerk tans deeltyds by die Kuratorium waar ek verantwoordelik is vir diefinansies en die administrasie. Dit is ‘n voorreg om op so ‘n wysebetrokke te wees by die opleiding van die studente wat hulle voorbereivir die gemeentebediening. Die nadenke oor teologiese opleding en dieuitdagings rondom die gemeentelike bediening, dwing ons almal ombestaande denk-en praktykpatrone krities te evalueer. Die eerstegemeente waar ek gewerk het, was George-Moedergemeente (1984-1993). Ditwas regtig ‘n wonderlike ervaring om daar te bediening te leer ken enon die Here se genade met mens te deel. Daarna is ek naStellenbosch-Welgelegen waar ek werk tot op hede. Die bediening inhierdie gemeente is ook opbouend en vervullend. Ek is ook betrokke bydie Sinodale Fondsekommissie waar ons poog om gemeentes rondom die skepvan ‘n kultuur van rentmeesterskap probeer bystaan. Ek is metHanna getroud en ons het drie seuns van die Here ontvang. Ons as gesingeniet die tye wat ons bymekaar is ek soek mekaar op in die tye wat onsapart is. Ek stap graag en speel ook gholf. Die “groen weivelde waarrus is” is van toepassing op die groen gras van die gholfbane waar ekspeel! Ek kan gekontak word by 021-8876819 of 0834492461 of mpsahd@sun.ac.za |
|
Chris Jones |